Dit is die geskiedenis
- Genesis 2:4
4DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
- Genesis 5:1
1DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
- Genesis 10:1
1EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.
regverdige
- Genesis 7:1
1DAARNA het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.
- Job 12:4
4Ek moet ’n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het—’n belagging is die regverdige, die opregte!
- Spreuke 4:18
18Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
- Prediker 7:20
20want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.
- Esegiël 14:14,20
14al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE. … 20al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
- Habakuk 2:4
4Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
- Lukas 2:25
25EN daar was ’n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
- Lukas 23:50
50EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man
- Handelinge 10:22
22En hulle sê: Cornelius, ’n hoofman oor honderd, ’n regverdige en godvresende man, wat ’n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het ’n goddelike openbaring ontvang deur ’n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.
- Romeine 1:17
17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
- Galásiërs 3:11
11En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
- Hebreërs 11:7
7Deur die geloof het Noag, toe hy ’n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ’n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.
- 2 Petrus 2:5
5en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
opregte
- 2 Kronieke 15:17
17Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.
- 2 Kronieke 25:2
2En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie met ’n volkome hart nie.
- Job 1:1,8
1DAAR was ’n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad. … 8En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
- Psalms 37:37
37Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ’n toekoms vir die man van vrede.
- Lukas 1:6
6En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
- Filippense 3:9-15
9en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; 10sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, 11of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. 12Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. 13Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. 14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. 15Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
Noag het met God gewandel
- Genesis 5:22,24
22En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. … 24En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
- Genesis 17:1
1TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
- Genesis 48:15
15En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe,
- 1 Konings 3:6
6En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, ’n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom ’n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
- Lukas 1:6
6En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
- 1 Petrus 2:5
5en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.