CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 14:22

Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 14:22 in konteks →

hef my hand op

  1. Eksodus 6:7

    7En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek, die HERE.

  2. Deuteronómium 32:40

    40Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef —

  3. Daniël 12:7

    7Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ’n Tyd, tye en ’n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

  4. Openbaring 10:5-6

    5En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, 6en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

tot die HERE

  1. Genesis 21:23-31

    23Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef. 24En Abraham antwoord: Ek sweer. 25Maar Abraham het Abiméleg aangespreek oor ’n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het. 26Daarop antwoord Abiméleg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag. 27Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’n verbond gesluit; 28Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer. 29Toe sê Abiméleg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het? 30En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het. 31Daarom noem hulle dié plek Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.

  2. Rigters 11:35

    35En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.

Allerhoogste

  1. Genesis 14:20

    20En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

  2. Genesis 17:1

    1TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

  3. Psalms 24:1

    1’N PSALM van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

  4. Psalms 83:19

    19sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

  5. Jesaja 57:15

    15Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.

  6. Daniël 4:34

    34En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ’n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.

  7. Haggai 2:8

    8Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.

Skepper

  1. Genesis 14:19

    19en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

  2. Genesis 21:33

    33En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.