Laat daar tog geen twis wees
- Spreuke 15:1
1’N SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.
- Mattheüs 5:9
9Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
- 1 Korinthiërs 6:6-7
6Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? 7Dan is dit al werklik ’n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
- Filippense 2:14
14Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
- Hebreërs 12:14
14Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
- Jakobus 3:17-18
17Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. 18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.
broers
- Genesis 11:27-31
27En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot. 28En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs. 29En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska. 30En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie. 31En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
- Genesis 45:24
24Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
- Eksodus 2:13
13Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
- Psalms 133:1
1’N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
- Handelinge 7:26
26En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?
- Romeine 12:10
10wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
- Efésiërs 4:2-3
2met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra 3en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
- 1 Thessalonisense 4:9
9Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
- Hebreërs 13:1
1DIE broederliefde moet bly.
- 1 Petrus 1:22
22As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart;
- 1 Petrus 2:17
17Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
- 1 Petrus 3:8
8EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.
- 1 Petrus 4:8
8Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.
- 2 Petrus 1:7
7en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
- 1 Johannes 2:9-11
9Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. 10Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie. 11Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
- 1 Johannes 3:14-19
14Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. 15Elkeen wat sy broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. 16Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. 17Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? 18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. 19En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,
- 1 Johannes 4:7,20-21
7GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. … 20As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? 21En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.