Kruisverwysings → Genesis 13:8

Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.

Laat daar tog geen twis wees

Spreuke 15:1
’N SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom.
Mattheüs 5:9
Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
1 Korinthiërs 6:6-7
Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? Dan is dit al werklik ’n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
Filippense 2:14
Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
Hebreërs 12:14
Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
Jakobus 3:17-18
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

broers

Genesis 11:27-31
En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot. En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog geleef het, in sy geboorteland, in Ur van die Chaldeërs. En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska. En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie. En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
Genesis 45:24
Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
Eksodus 2:13
Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
Psalms 133:1
’N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
Handelinge 7:26
En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?
Romeine 12:10
wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
Efésiërs 4:2-3
met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
1 Thessalonisense 4:9
Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
Hebreërs 13:1
DIE broederliefde moet bly.
1 Petrus 1:22
As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart;
1 Petrus 2:17
Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
1 Petrus 3:8
EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.
1 Petrus 4:8
Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ’n menigte sondes bedek.
2 Petrus 1:7
en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.
1 Johannes 2:9-11
Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie. Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
1 Johannes 3:14-19
Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,
1 Johannes 4:7,20-21
GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. ... As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy ’n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.