1 ’N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!

2 Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.

3 Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!

Kruisverwysings van CrossReferences.org (CC BY 4.0), gebou op die Treasury of Scripture Knowledge.