Psalms 15 - Cross References
Psalms 15
1’N PSALM van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
2Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
3wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
4in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
5wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
Cross References

Select a verse or keyword.