Psalms 122 - Cross References
Psalms 122
1’N BEDEVAARTSLIED. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
2Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3Jerusalem wat gebou is soos ’n stad wat goed saamgevoeg is,
4waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE—’n voorskrif vir Israel!—om die Naam van die HERE te loof.
5Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
8Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
9Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
Cross References

Select a verse or keyword.