Die Geseënde Persoon

Tekste waar die Skrif direk iemand as geseënd verklaar.

Key passages
Die dode in Christus, en die eeu wat kom.
Openbaring 14:13
En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
Geloof wat volhard, wanneer dit nie kan sien nie.
Johannes 20:29
Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
Getroue diens, en waaksaamheid.
Mattheüs 24:44-47
Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie. WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
God as toevlug. Vertrou Hom vir veiligheid.
Psalms 40:5
Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
Psalms 34:9
Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
Lyding en vervolging ter wille van Christus.
1 Petrus 4:14
As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.
Mededeelsaamheid teenoor die swakkes en armes.
Handelinge 20:35
Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Uitverkore om tot God te nader.
Openbaring 19:9
Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
Vergewe en skoon voor God.
Psalms 32:1-2
’N PSALM van Dawid; ’n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
Wandel in GOd se weë. Gehoorsaamheid as lewenswyse.
Psalms 1:1-2
WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
Lukas 11:27-28
En terwyl Hy dit spreek, het ’n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het. En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
Further study
Algemeen
Psalms 144:15
Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
Spreuke 20:7
Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige—gelukkig is sy kinders ná hom.
Prediker 10:16-17
Wee jou, o land, as jou koning ’n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou. Gelukkig is jy, o land, as jou koning ’n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.
Jakobus 1:12
Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Openbaring 20:6
Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Geloof wat volhard, wanneer dit nie kan sien nie.
Mattheüs 11:6
En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
Daniël 12:10-13
Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik. En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.
Lukas 7:20-23
En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag? En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
Getroue diens, en waaksaamheid.
Lukas 12:35-48
LAAT julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind — gelukkig is daardie diensknegte. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie. Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal? En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot maak van die ontroues. En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
God as toevlug. Vertrou Hom vir veiligheid.
Jesaja 30:18
En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
Spreuke 16:20
Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.
Psalms 84:5-6,13
Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!
Psalms 146:5
Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
Psalms 2:12
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Lyding en vervolging ter wille van Christus.
1 Petrus 3:14
Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
Mattheüs 5:3-12
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
Lukas 6:20-23
Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God. Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag. Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens. Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
Mededeelsaamheid teenoor die swakkes en armes.
Spreuke 14:21
Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
Psalms 41:2
Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
Lukas 14:12-14
En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ’n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges
Uitverkore om tot God te nader.
Psalms 65:5
Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
Psalms 33:12
Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Wandel in GOd se weë. Gehoorsaamheid as lewenswyse.
Psalms 128:1
’N BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
Psalms 119:1-2
WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
Psalms 112:1
HALLELUJA!Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat ’n groot welbehae in sy gebooie het.
Romeine 14:22
Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie.
Johannes 13:14-17
As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
Jakobus 1:25
Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Openbaring 1:3
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Openbaring 22:7,14
Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Psalms 106:3
Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Jesaja 56:2
Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
Wysheid, en die vrees van die HERE.
Psalms 89:16
Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Spreuke 3:13
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
Spreuke 8:32-36
Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar. Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van die HERE. Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
Psalms 94:12
Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
Spreuke 28:14
Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.