Openbaring 18:2
En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,
kragtig uitgeroep
Openbaring 1:15
en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ’n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Openbaring 5:2
En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
Openbaring 10:3
en hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.
Openbaring 14:15
En ’n ander engel het uit die tempel gekom en met ’n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Jeremia 25:30
Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ’n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
Joël 3:16
En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ’n toevlug wees vir sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.
Babilon
Openbaring 18:10,21
terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! ... En een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
Openbaring 14:8
En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
Openbaring 16:19
En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
Openbaring 17:5,18
en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. ... En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.
Jesaja 13:19
So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
Jesaja 21:9
En kyk, daar kom ’n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.
Jeremia 51:8,60-64
Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word. ... En Jeremia het in ’n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is. En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde; en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees. En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ’n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees. Tot sover die woorde van Jeremia.
geword ’n woonplek
Levitikus 11:13-19
En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou—hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël; en die kuikendief en die valk volgens sy soorte; elke kraai volgens sy soorte; en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte; en die steenuil en die visvanger en die steunuil; en die silweruil en die pelikaan en die klein-aasvoël; en die groot-sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
Jesaja 13:20-22
Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie. Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring. En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
Jesaja 14:23
En Ek sal dit ’n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.
Jesaja 21:8
En hy het geroep soos ’n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.
Jesaja 34:11-15
Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid. Sy edeles—daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan. En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ’n lêplek van jakkalse, ’n verblyf vir die volstruise wees. En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind ’n rusplek vir hom. Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.
Jeremia 50:39-40
Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly; ’n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie. Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die HERE, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.
Jeremia 51:37
En Babel sal kliphope word, ’n lêplek van jakkalse, ’n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.
Markus 5:3-5
wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie; want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie. En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.
Lukas 8:27-28
En toe Hy aan wal uitklim, kom ’n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ’n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ’n huis gewoon nie, maar in die grafte. En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ’n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie —