3 Johannes 1:4
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
geen groter blydskap
Spreuke 23:24
Die vader van ’n regverdige juig baie; en as iemand ’n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
my kinders
Jesaja 8:18
Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
1 Korinthiërs 4:15
Want al sou julle tienduisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.
Galásiërs 4:19
my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry.
Filémon 1:10
pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie,
wandel
1 Konings 2:4
sodat die HERE sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou ’n man op die troon van Israel ontbreek nie.
1 Konings 3:6
En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, ’n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom ’n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
2 Konings 20:3
Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
Psalms 26:1-3
’N PSALM van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel. Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart; want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
Jesaja 38:3
en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
Johannes 12:35-36
En Jesus sê vir hulle: Nog ’n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie. So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.
Galásiërs 2:14
Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?