Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon. ... Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. ... Die vrug van die regverdige is ’n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.
En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord. En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.
Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.