AL roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie.
Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.
AG, as julle my net ’n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar! ... WEER sê ek dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as ’n dwaas, sodat ek ook ’n bietjie kan roem. Wat ek spreek, sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.
Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. ... of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle;
Maar van die wat in aansien was — wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie — hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie. Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes — want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene — en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Bárnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan; alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen. Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Bárnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins. Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ’n Jood is, soos ’n heiden lewe en nie soos ’n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?
So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene. Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,