Romeine 1:12
dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
saam bemoedig
Romeine 15:24, 32
sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ’n tyd lank van julle geniet het. ... sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.
Handelinge 11:23
Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
2 Korinthiërs 2:1-3
MAAR dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle te kom nie. Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is? En ek het juis dit aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap dié van julle almal is.
2 Korinthiërs 7:4-7, 13
Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking. Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge. Maar Hy wat die nederiges troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus; en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het. ... Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.
1 Thessalonisense 2:17-20
MAAR nadat ons, broeders, ’n kort tydjie van julle geskeie was — in persoon, nie met die hart nie — het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien. Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder. Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.
1 Thessalonisense 3:7-10
daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof. Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here. Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God, terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
2 Timótheüs 1:4
terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,
2 Johannes 1:4
EK was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons ’n gebod van die Vader ontvang het.
3 Johannes 1:3-4
want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel. Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
gemeenskaplike geloof
Efésiërs 4:5
een Here, een geloof, een doop,
Titus 1:4
Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!
2 Petrus 1:1
SÍMEON Petrus, ’n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ’n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:
Judas 1:3
GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.