Handelinge 16:15
En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.
gedoop
Handelinge 16:33
En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
Handelinge 8:12,38
Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. ... En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
Handelinge 11:14
hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.
Handelinge 18:8
En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
1 Korinthiërs 1:13-16
Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop? Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus, sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie. Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.
in die Here glo
Efésiërs 1:1
PAULUS, ’n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus:
Filippense 1:7
soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
Filémon 1:17
As jy my dan vir ’n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.
1 Petrus 5:12
Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.
3 Johannes 1:5
Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge
in my huis en bly
Genesis 18:4-5
Laat hulle tog ’n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom. En laat ek ’n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart—daarna kan u verder gaan—want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.
Rigters 19:19-20
alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie. Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.
Mattheüs 10:41
Wie ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet ontvang; en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige ontvang.
Lukas 9:4-5
En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder. En almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.
Lukas 10:5-7
En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as dáár ’n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.
Romeine 16:23
Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
Galásiërs 6:10
Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
Hebreërs 13:2
Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
2 Johannes 1:10
As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
3 Johannes 1:8
Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.
gedwing
Genesis 19:3
Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.
Genesis 33:11
Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
Rigters 19:21
Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
1 Samuel 28:23
Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die grond af en op die bed gaan sit.
2 Konings 4:8
En op ’n dag het Elísa verbygegaan na Sunem; en daar was ’n vermoënde vrou wat by hom aangehou het dat hy brood sou eet. En so dikwels as hy verbygaan, het hy daarheen weggedraai om brood te eet.
Lukas 14:23
Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
Lukas 24:29
maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
2 Korinthiërs 5:14
Want die liefde van Christus dring ons,
2 Korinthiërs 12:11
AL roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by dié uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie.
Hebreërs 13:2
Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.