Johannes 9:16
En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ’n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
Hierdie man
Johannes 9:24,30-33
Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is. ... Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen! En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy. Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens geopen het nie. As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
Johannes 3:2
Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie.
Johannes 5:36
Maar Ek het ’n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
Johannes 14:11
Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
Johannes 15:24
As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
verdeeldheid
Johannes 7:12,43
En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare. ... Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
Johannes 10:19
Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
Lukas 13:31-33
EN op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar. Maar Ek moet vandag en môre en die volgende dag verder gaan, want dit kan nie gebeur dat ’n profeet buitekant Jerusalem omkom nie.
Handelinge 14:4
En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.