Johannes 7:38
Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
in My glo
Deuteronómium 18:15
’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —
uit sy binneste vloei
Johannes 4:14
maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Job 32:18-19
Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my. Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
Spreuke 10:11
Die mond van die regverdige is ’n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
Spreuke 18:4
Die woorde van ’n man se mond is diep waters, ’n stroom wat bruis, ’n fontein van wysheid.
Jesaja 12:3
En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
Jesaja 44:3
Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
Jesaja 58:11
En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ’n tuin wat goed besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
Jesaja 59:21
Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
Esegiël 47:1-12
DAARNA het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar. En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit. Toe die man na die ooste uitgegaan het met ’n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan—waters tot aan die enkels. Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan—waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan—waters tot aan die heupe. Verder het hy nog duisend gemeet—’n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys—waters om in te swem, ’n stroom waar ’n mens nie deur kan loop nie. En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom. Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom ’n menigte bome gesien, aan altwee kante. En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal ’n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. Ook sal vissers daaraan staan, van Éngedi af tot by En-Eglaim: ’n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, ’n menigte. Die moerasse en kuile daarvan—húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem. En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan—uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.
Sagaría 14:8
En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
Galásiërs 5:22-23
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
Efésiërs 5:9
Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.