Johannes 17:4
Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
U verheerlik op die aarde
Johannes 12:28
Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.
Johannes 13:31-32
EN toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik. As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.
Johannes 14:13
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
volbring
Johannes 4:34
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
Johannes 5:36
Maar Ek het ’n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
Johannes 9:3
Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
Johannes 14:31
Maar dat die wêreld kan weet dat Ek die Vader liefhet en doen net soos die Vader My beveel het — staan op, laat ons hiervandaan weggaan.
Johannes 15:10
As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Johannes 19:30
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
Handelinge 20:24
Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
2 Timótheüs 4:7
Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.