Johannes 12:6
En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
besorg was nie
Johannes 10:13
En die huurling vlug, omdat hy ’n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
Psalms 14:1
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
Spreuke 29:7
Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
Esegiël 33:31
En hulle kom na jou toe soos ’n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.
Galásiërs 2:10
alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.
Jakobus 2:2,6
Want as daar in julle vergadering ’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n pragtige kleed aan, en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aan; ... Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?
dief was
Johannes 10:8-10
Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
2 Konings 5:20-27
sê Gehási, die dienaar van Elísa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Naäman verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as die HERE leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem. So het Gehási dan Naäman haastig gevolg. En toe Naäman een agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa afgespring hom tegemoet en gesê: Gaan dit goed? En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog ’n talent silwer en twee stel klere. En Naäman sê: Neem asseblief twee talente! En hy het by hom aangehou en twee talente silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met twee stel klere aan twee van sy dienaars gegee, wat dit voor hom uit gedra het. En toe hy by die heuwel aankom, het hy dit uit hulle hand geneem en in die huis in bewaring gegee en die manne laat gaan; en hulle het weggegaan. Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê Elísa vir hom: Vanwaar, Gehási? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie. Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ’n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne? Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu.
Psalms 50:16-20
Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond — terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? As jy ’n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
Mattheüs 21:13
En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.
1 Korinthiërs 6:10
of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
die beurs
Johannes 13:29
Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.
2 Konings 12:14-15
Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die HERE te herstel. En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
Esra 8:24-34
Toe het ek van die priesterowerstes twaalf afgesonder: Serébja, Hasábja en tien van hulle broers saam met hulle. En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, die offergawe aan die huis van onse God wat die koning en sy raadsmanne en sy vorste en die hele Israel wat aanwesig was, aangebied het. En ek het in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig talente silwer en silwervoorwerpe van honderd talente, honderd talente in goud, en twintig goue bekers van duisend darieke en twee mooi goudgeel voorwerpe van koper, kosbaar soos goud. En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is ’n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders. Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE. Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring. Daarna het ons weggetrek van die rivier Áhawa af op die twaalfde van die eerste maand, om na Jerusalem te gaan; en die hand van onse God was oor ons, sodat Hy ons gered het uit die hand van die vyand en die wat ons voorlê op die pad. En ons het in Jerusalem aangekom en daar drie dae gebly. En op die vierde dag is die silwer en die goud en die voorwerpe in die huis van onse God afgeweeg onder bewaring van die priester Méremot, die seun van Uría, en by hom was Eleásar, die seun van Pínehas, en by hulle Jósabad, die seun van Jésua, en Noádja, die seun van Bínnuï, die Leviete — volgens getal en gewig van alles; en tegelykertyd is die hele gewig opgeskrywe.
2 Korinthiërs 8:19-21
En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid, om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word. Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
1 Thessalonisense 5:22
Onthou julle van elke vorm van kwaad.