Lukas 21:19
Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.
Deur julle volharding
Lukas 8:15
En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
Psalms 27:13-14
o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie … . Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
Psalms 37:7
Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
Psalms 40:1-2
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
Romeine 2:7
aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek — die ewige lewe;
Romeine 5:3
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
Romeine 8:25
Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
Romeine 15:4
Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
1 Thessalonisense 1:3
en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
2 Thessalonisense 3:5
Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
Hebreërs 6:11,15
Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; ... En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
Hebreërs 10:36
Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.
Jakobus 1:3
omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Jakobus 5:7-11
WEES dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Openbaring 1:9
EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
Openbaring 2:2-3
Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
Openbaring 3:10
Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Openbaring 13:10
As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
Openbaring 14:12
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.