Lukas 16:22
En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.
bedelaar sterf
Job 3:13-19
Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het, saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself; of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het. Of ek sou, soos ’n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie. Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is. Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie. Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
Jesaja 57:1-2
DIE regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid. Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde—hy wat sy reguit pad loop.
Openbaring 14:13
En ek het ’n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
deur die engele weggedra
Psalms 91:11-12
want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Mattheüs 13:38-43
en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Mattheüs 24:31
En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Hebreërs 2:14
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel —
boesem van Abraham
Mattheüs 8:11
Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.
Johannes 13:23
En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.
Johannes 21:20
En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?