Mattheüs 24:51
en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
deelgenoot van die geveinsdes maak
Job 20:29
Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
Jesaja 33:14
Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by ’n verterende vuur, wie van ons kan woon by ’n ewige gloed?
Lukas 12:46
dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot maak van die ontroues.
geween wees en gekners van die tande
Mattheüs 8:12
Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Mattheüs 22:13
Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Mattheüs 25:30
En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.
Lukas 13:28
Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.