Mattheüs 19:3
Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
versoek
Mattheüs 16:1
EN die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ’n teken uit die hemel te laat sien.
Mattheüs 22:16-18,35
En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie — sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê: ... En een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
Markus 10:2
Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ’n man geoorloof is om van sy vrou te skei?
Markus 12:13,15
TOE stuur hulle na Hom sommige van die Fariseërs en van die Herodiane om Hom op ’n woord te betrap. ... Maar Hy het hulle geveinsdheid geken en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My? Bring vir My ’n penning, dat Ek dit kan sien.
Lukas 11:53-54
En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge, om vir Hom ’n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
Johannes 8:6
En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
Hebreërs 3:9
waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
geoorloof
Mattheüs 5:31-32
Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ’n skeibrief gee. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
Maleagi 2:14-16
En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ’n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ’n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.