En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het — om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.
Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ’n verskriklike verwagting van oordeel en ’n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
GODSPRAAK oor Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword. Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jou vroëer gevul. En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy ’n handelswins vir die nasies geword. Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie. As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus. Vaar na Tarsis oor, huil, inwoners van die kusland! Is dít julle uitgelate stad wat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef? Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was? Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring. Stroom oor jou land soos die Nyl, dogter van Tarsis! Daar is geen gordel meer wat hinder nie. Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word. En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! Maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe; ook daar sal jy geen rus hê nie. Kyk, die land van die Chaldeërs—dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit ’n puinhoop gemaak. Huil, skepe van Tarsis, want julle vesting is verwoes! En in dié dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied: Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink. En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;
EN in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ék sal vol word, dít is verwoes — daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek. Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom ’n kaal rots maak. Hy sal binne-in die see ’n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal ’n buit vir die nasies wees. En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en ’n menigte en baie mense. Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en ’n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig. En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek. Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos ’n mens indring in ’n stad wat oopgebreek is. Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val. En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger. En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie. Ja, Ek sal jou ’n kaal rots maak, ’n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE. So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle ’n moord in jou aanrig nie? Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees. En hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners. Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde. Want so sê die Here HERE: As Ek jou ’n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes. Maar jou sal Ek tot ’n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.
Mensekind, Nebukadrésar, die koning van Babel, het sy leër ’n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie. Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim. Ja, Tirus het vir hom ’n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.
Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ’n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.