Númeri 23:19
God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?
God is geen man
1 Samuel 15:29
En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.
Psalms 89:36
Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!
Habakuk 2:3
Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
Maleagi 3:6
Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
Lukas 21:33
Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Romeine 11:29
Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.
Titus 1:2
in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
Hebreërs 6:18
sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;
Jakobus 1:17
Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
spreek en dit nie waar maak nie
1 Kronieke 17:17
En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as ’n reeks van mense gesien het, HERE God!
Miga 7:20
U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met ’n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.