Amos 6:9
En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.
General
Amos 5:3
Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
1 Samuel 2:33
Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.
Ester 5:11
en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.
Ester 9:10
die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
Job 1:2,19
En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. ... toe daar meteens ’n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
Job 20:28
Weggevoer word die opbrings van sy huis—goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
Psalms 109:13
Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.
Jesaja 14:21
Maak ’n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.