En laat van wat gesuurd is, ’n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.
Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng; saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van ’n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring—volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring — moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: ’n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke. Julle mag nie iets bring waar ’n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie. En as iemand ’n dankoffer aan die HERE offer om ’n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee. En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseën het.
Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. ... Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
WEES nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere. ... Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ’n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.