Levitikus 20:12
En as ’n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ’n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.
General
Levitikus 18:15
Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Genesis 38:16,18
en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan? ... En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
Deuteronómium 27:23
Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
General
Levitikus 18:23
En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ’n gruwelike vermenging.