Levitikus 19:4
Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.
General
Levitikus 26:1
JULLE mag vir julle geen afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
Eksodus 20:3-5
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
1 Korinthiërs 10:14
DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
1 Johannes 5:21
My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
General
Eksodus 20:23
Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
Eksodus 32:4
En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Eksodus 34:17
Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
Deuteronómium 27:15
Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir die HERE, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.
Haggai 2:18
Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier-en-twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op: