’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ’n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. Voor hom uit verteer ’n vuur, en agter hom brand ’n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ’n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie. Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle. Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ’n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ’n magtige volk wat vir die geveg opgestel is. Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek. Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie. En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid. Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ’n dief. Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in. En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? ... En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het—my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
die miere is nie ’n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer; die klipdassies is nie ’n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots; die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Immánuel!
’n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.
En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus. En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog. En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.