Jeremia 33:11
die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid!—van die wat ’n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE.
General
Jeremia 7:34
En Ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid; want die land sal ’n puinhoop word.
Jeremia 16:9
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.
Jeremia 25:10
En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.
Johannes 3:29
Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
Openbaring 18:23
En die lig van ’n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.
General
Jeremia 31:12-14
En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ’n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie. Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer. En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.
Esra 3:11-13
En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was. Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het. En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
Esra 6:22
Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.
Nehemia 8:13
Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.
Nehemia 12:43
En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
Jesaja 12:1-6
EN in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos. Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is! Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde. Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.
Jesaja 51:11
So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
Jesaja 52:9
Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die HERE het sy volk getroos, Jerusalem verlos.
Sefanja 3:14
Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
Sagaría 8:19
So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda ’n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.
Sagaría 9:17
Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.
Sagaría 10:7
En Efraim sal wees soos ’n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die HERE.
General
1 Kronieke 16:8,34
Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! ... Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
2 Kronieke 5:13
en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!—is die huis, die huis van die HERE, vervul met ’n wolk.
2 Kronieke 7:3
En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aan-bid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.
2 Kronieke 20:21
En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
Esra 3:11
En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.
Psalms 106:1
HALLELUJA! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psalms 107:1
LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
Psalms 118:1-4
LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
Psalms 136:1-26
LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid — Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
General
Levitikus 7:12-13
Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng; saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.
2 Kronieke 29:31
En Jehiskía het begin sê: Nou het julle jul aan die HERE gewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van die HERE. Die vergadering het toe slagoffers en lofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.
Psalms 107:22
en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
Psalms 116:17
Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
Jona 2:9
Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
Hebreërs 13:15
Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
General
Jeremia 33:7,26
En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore. ... dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.