Jesaja 59:3
Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg.
julle hande
Jesaja 1:15,21
En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. ... Ag, hoe het die getroue vesting ’n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars!
Jeremia 2:30,34
Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos ’n verskeurende leeu. ... Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by ’n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.
Jeremia 22:17
Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.
Esegiël 7:23
Maak ’n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.
Esegiël 9:9
Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie.
Esegiël 22:2
En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend
Esegiël 35:6
daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.
Hoséa 4:2
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Miga 3:10-12
julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg! Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ’n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie! Daarom sal Sion om julle ontwil soos ’n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
Miga 7:2
Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.
Mattheüs 27:4
en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
julle lippe
Jeremia 7:8
Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.
Jeremia 9:3-6
En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE. Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ’n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery. En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery. Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek die HERE.
Esegiël 13:8
Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
Hoséa 7:3,13
Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste. ... Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.
Miga 6:12
Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.
1 Timótheüs 4:2
deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,