Jesaja 57:20
Maar die goddelose is soos ’n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.
General
Jesaja 3:11
Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
Job 15:20-24
AL sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ’n koning wat gereed staan vir die aanval,
Job 18:5-14
JA, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood. Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver. Want hy raak in ’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ’n vangkuil. ’n Vangnet gryp sy hakskeen, ’n strik hou hom vas. ’n Tou is vir hom verberg in die grond en ’n valstrik vir hom op die pad. Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan. Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val. Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede. Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
Job 20:11-29
Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof. AL smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong, al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte — tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste. Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg. Die gif van adders suig hy in, die tong van ’n slang maak hom dood. Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie. Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; ’n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie. Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie. By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom. OM sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel. Hy sal vlug vir die ysterwapens—’n koperboog sal hom deurboor. Hy trek—daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom! Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; ’n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly. Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op. Weggevoer word die opbrings van sy huis—goed wat wegspoel op die dag van sy toorn. Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
Psalms 73:18-20
Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
Spreuke 4:16-17
want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ’n val bring nie. Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
Judas 1:12
Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;