Jesaja 10:34
en Hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die Líbanon sal val deur die Heerlike.
omkap
Jesaja 10:18
Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ’n kranke wegkwyn.
Jesaja 37:24
Deur jou dienaars het jy die Here gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos ’n tuin.
Jeremia 22:7
En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal jou beste seders afkap en in die vuur gooi.
Jeremia 46:22-23
Haar geluid is soos van ’n slang wat wegseil; want met ’n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers. Hulle kap haar bos om, spreek die HERE; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat ’n mens hulle nie kan tel nie.
Jeremia 48:2
Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedink en gesê: Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die swaard sal jou agtervolg.
Nahum 1:12
So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;
Líbanon
Sagaría 11:1-2
OPEN jou deure, o Líbanon, sodat vuur jou sederbome verteer! Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.
Heerlike
Jesaja 31:8
En Assur sal val deur die swaard, nie van ’n man nie; en die swaard, nie van ’n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
Jesaja 37:36
Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame.
Psalms 103:20
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
Daniël 4:13-14,23
Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, ’n bode, naamlik ’n heilige, het uit die hemel neergedaal; hy het hardop geroep en só gesê: Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke. ... En dat die koning ’n bode, naamlik ’n heilige, uit die hemel sien neerdaal het met die woorde: Kap die boom om en verwoes hom, maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ’n band van yster en koper in die groen gras van die veld, en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en sy lot saam met die diere van die veld wees totdat sewe tydperke oor hom heengegaan het —
2 Thessalonisense 1:7
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
2 Petrus 2:11
terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
Openbaring 10:1
EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
Openbaring 18:21
En een sterk engel het ’n klip opgetel soos ’n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ’n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.