Spreuke 3:13
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het
Spreuke 4:5-9
Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie; verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak. Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit. Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels. Dit sal ’n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ’n sierlike kroon verskaf.
Spreuke 8:32-35
Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar. Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van die HERE.
1 Konings 10:1-9,23-24
EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel. En sy het na Jerusalem gekom met ’n baie groot trek, met kamele wat speserye en ’n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was. En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie. Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het, en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie. Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid; en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het. Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor. Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen. ... So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid. En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,
Prediker 9:15-18
En daarin is ’n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie. Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van ’n heerser onder die dwase. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.
verstand verkry
Spreuke 2:4
as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
Spreuke 18:1
HY wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.