Spreuke 21:19
Dit is beter om in ’n woeste land te woon as by ’n twisgierige vrou en ergernis.
beter om in ’n woeste land te woon
Spreuke 21:9
Dit is beter om op die hoek van ’n dak te woon as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.
Psalms 55:7-8
Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ’n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
Psalms 120:5-6
Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
Jeremia 9:2
Ag, het ek in die woestyn maar ’n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, ’n hoop ontroue mense.