Spreuke 17:12
Laat ’n beer wat van kleintjies beroof is, ’n mens ontmoet, maar nie ’n dwaas in sy sotheid nie.
beer wat van kleintjies beroof is
Spreuke 28:15
’n Leeu wat brom, en ’n beer wat hongerig is, so is ’n goddelose wat oor ’n arm volk heers.
2 Samuel 17:8
Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ’n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.
2 Konings 2:24
Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.
Hoséa 13:8
Ek val hulle aan soos ’n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos ’n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.
dwaas in sy sotheid
Spreuke 27:3
Swaar is ’n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor ’n sot is swaarder as altwee.
Mattheüs 2:16
Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.