Spreuke 13:3
Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang
Spreuke 10:19
By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
Spreuke 12:13
In die oortreding van die lippe lê daar ’n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Spreuke 21:23
Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.
Psalms 39:1-2
VIR die musiekleier; vir Jedútun. ’n Psalm van Dawid. Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
Mattheüs 12:36-37
Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Jakobus 1:26
As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Jakobus 3:2-12
Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ’n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. Net so is die tong ook ’n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe ’n groot hoop hout steek ’n klein vuurtjie aan die brand. Die tong is ook ’n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ’n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ’n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. ’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? ’n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ’n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.