Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.
Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle. ... Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel. ... Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe. Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.