Psalms 95:2
Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
General
Psalms 7:8
En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!
Psalms 100:2,4
Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. ... Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
Jeremia 31:12-13
En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ’n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie. Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.
General
Psalms 17:13
Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;
General
Psalms 105:2
Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
Jakobus 5:13
Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.