Psalms 76:4
Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
Daar
Psalms 46:10
wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
2 Kronieke 14:12-13
En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug. En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het ’n baie groot buit geneem;
2 Kronieke 20:25
Daarop het Jósafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle ’n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.
2 Kronieke 32:21
stuur die HERE ’n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met ’n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
Jesaja 37:35-36
En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil. Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame.
Esegiël 39:3-4,9-10
Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val. Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee. ... En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank; sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.