Psalms 66:12
U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
General
Psalms 129:1-3
’N BEDEVAARTSLIED. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af—laat Israel dit sê — alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
Jesaja 51:23
Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos ’n straat vir die wat daaroor gaan.
General
Jesaja 43:1-2
MAAR nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Handelinge 14:22
en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
1 Thessalonisense 3:3-4
sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is. Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
General
Psalms 33:19
om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psalms 40:3-4
en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. En Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
Job 36:16
SO lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na ’n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
Lukas 16:25
Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
Jakobus 5:11
Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Openbaring 7:14-17
En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
General
Psalms 107:35-37
Hy het die woestyn ’n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine; en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het ’n stad gestig om in te woon. En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
Jesaja 35:6-7
Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis. En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.