Psalms 41:5
Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
o HERE
Psalms 32:5
My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
Psalms 51:1-5
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het. Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
Genees
Psalms 6:3-5
Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank? Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
Psalms 103:3
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
Psalms 147:3
Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
2 Kronieke 30:18-20
Want die meerderheid van die volk, ’n menigte uit Efraim en Manasse, Íssaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die HERE wat goed is, versoening doen vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om God die HERE, die God van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die reinheid van die heiligdom nie. En die HERE het Jehiskía verhoor en die volk genees.
Hoséa 6:1
KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
Jakobus 5:15-16
En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.