Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. ... Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. ... Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. ... Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;
deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. ... Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ’n God wees, en hy sal vir My ’n seun wees.