Psalms 37:10
Wau. En nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
klein rukkie
Psalms 73:18-20
Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!
Job 24:24
Hulle het hul verhef—’n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van ’n halm word hulle afgesny.
Hebreërs 10:36-37
Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ’n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.
1 Petrus 4:7
En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
Openbaring 6:10-11
En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
goddelose sal daar nie wees nie
Psalms 37:35-36
Resj. Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom. Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
Psalms 49:11
Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
Psalms 103:16
As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
Job 7:10,21
Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie. ... En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.
Job 14:10
Maar ’n man sterwe en is magteloos; ja, ’n mens blaas die asem uit en—waar is hy?
Job 20:8-9
Soos ’n droom vlieg hy weg, sodat ’n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos ’n naggesig. Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
Lukas 12:20-21
Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
Lukas 16:27-28
En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur — want ek het vyf broers — om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
ag gee op sy plek
Psalms 52:7
So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
Psalms 58:11-12
Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ’n God wat op die aarde oordeel!
Psalms 107:42-43
Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe. Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
1 Samuel 25:38-39
En ná omtrent tien dae het die HERE Nabal getref, sodat hy gesterf het. Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.
2 Konings 9:25,34-37
Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het: ... En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, want sy is ’n koningsdogter. Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms. Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet. En die lyk van Isébel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.
Ester 7:10
En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.
Ester 8:1
OP dieselfde dag het koning Ahasvéros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.
Jesaja 14:16-19
Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos ’n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie? Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis; maar jý is gewerp, ver van jou graf, soos ’n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.