Psalms 36:1
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE.
kneg
Psalms 18:1-2
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
Psalms 90:1
’N GEBED van Moses, die man van God. Here, Ú was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag.
Psalms 143:12
En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.
Deuteronómium 34:5
Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.
2 Timótheüs 2:24
en ’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
Titus 1:1
PAULUS, ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,
Jakobus 1:1
JAKOBUS, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
2 Petrus 1:1
SÍMEON Petrus, ’n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ’n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:
Judas 1:1
JUDAS, ’n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is:
Openbaring 1:1
DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,