Psalms 29:2
Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!
General
1 Kronieke 16:28-29
Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte. Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
General
Psalms 96:6,8
Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom. ... Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.
Psalms 97:9
Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.
Psalms 113:3-6
Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word! Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid. Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon, wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
Psalms 145:3-7
Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade. He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade. Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel. Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
General
Psalms 27:4
Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
Psalms 96:9
Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
2 Kronieke 20:21
En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
General
Psalms 90:17
En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!