Psalms 25:20
Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
General
Psalms 17:8
Bewaar my soos ’n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels
Psalms 22:21-22
Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
Psalms 121:7
Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
Lukas 23:46
En Jesus het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
Handelinge 7:59
En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
General
Psalms 71:1-2
BY U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie! Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!
Joël 2:26-27
Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.