Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE! Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE! Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.