Psalms 145:3
Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
General
Psalms 48:1-2
’N LIED. ’n Psalm van die kinders van Korag. Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
Psalms 96:4
Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.
Psalms 147:5
Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
Job 5:9
aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
Job 9:10
wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
Openbaring 15:3
En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
General
Psalms 139:6
Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
Job 5:9
aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
Job 9:10
wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
Job 11:7-9
KAN jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige? Hoogtes van die hemel is dit—wat kan jy doen? Dieper as die doderyk—wat kan jy weet? Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
Job 26:14
Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat ’n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
Jesaja 40:28
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ’n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Romeine 11:33
O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!