Psalms 145:18
Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
General
Psalms 34:19
Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
Psalms 46:1-2,6
VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ’n Lied. God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. ... God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
Deuteronómium 4:7
Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
1 Konings 18:27-28
En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ’n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het.
Jesaja 58:9
Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,
Johannes 14:23
Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Jakobus 4:8
Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
General
Psalms 17:1
’N GEBED van Dawid. HERE, hoor ’n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
Psalms 119:2
Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
Spreuke 15:8
Die offer van die goddelose is vir die HERE ’n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
Jesaja 1:15-16
En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,
Jeremia 29:12-13
Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
Hoséa 7:14
Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.
Mattheüs 6:5-8
En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Mattheüs 23:14
Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang.
Johannes 4:24
God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
1 Johannes 3:20-22
want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.