Psalms 145:10
Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
General
Psalms 19:1-2
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Psalms 96:11-13
Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
Psalms 98:3-9
Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien. Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing! Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE! Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon. Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.
Psalms 103:22
Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
Psalms 104:24
Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
Psalms 148:1-13
HALLELUJA! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes! Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare! Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hý het bevel gegee—en hulle is geskape. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het ’n wet gegee wat geeneen oortree nie. Loof die HERE van die aarde af—groot seediere en alle dieptes! Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring; berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome, wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls; konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde; jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges — laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
Jesaja 43:20
Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
Jesaja 44:23
Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
Romeine 1:19-20
omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
General
Psalms 22:24
Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
Psalms 30:5
Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;
Psalms 32:11
Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!
Psalms 97:12
o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!
Psalms 135:19-21
Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE! Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE! Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
Psalms 148:14
En Hy het ’n horing vir sy volk verhef: ’n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
Jesaja 43:21
Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Hebreërs 13:15
Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
1 Petrus 2:5, 9
en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. ... Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
Openbaring 7:9-12
NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ’n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.
Openbaring 19:5-6
En ’n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot! En ek het iets gehoor soos die stem van ’n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.